Sonja Herholdt is op 1 Desember 1952 in Nigel gebore. Haar eerste kennismaking met die verhoog was reeds op die ouderdom van drie jaar in die plaaslike ontspanningsaal, met die liedjie ‘Slaap my Kindjie’. Haar ma, wat ‘n sangonderwyseres was, het haar begelei.
Sy was hoofmeisie van die Laerskool Tienie Vorster in Nigel en later hoofmeisie van die Hoërskool John Voster. Ere-kleure vir akademiese- en dramaprestasies is aan haar toegeken.