+27 11 787 1984 | info@sonjaherholdt.co.za

Spreker

Motiveringspreker

Nadat ek in 2007 my biografie SONJA: Meisie van Nigel vrygestel het, het ek heelwat versoeke ontvang om veral met groepe dames te gesels. Uit hierdie praatjies het my musiekmotiveringsprogram ontwikkel waarin ek ‘n praatjie en musiekoptrede kombineer.

Ek deel vanuit die oogpunt van vrouwees my lewenservaringe en lewenslesse en sing musiek wat aanpas by die temas waaroor ek praat. Aan die einde van die program as hoogtepunt sluit ek gewoonlik af deur erkenning te gee aan ‘n dame in die gehoor vir die manier waarop sy haar buitengewone omstandighede oorkom.

Die program is propvol hoop, humor en opreg uit die hart en duur gewoonlik rondom 80 min.

Sonja Herholdt - Motiveringspreker
Close Menu